Tuisblad


            Welkom by die webtuiste van NG Mondeor


Teks vir die Maand - Johannes 1:9,14.

"Die ware Lig wat elke mens verlig, was aan die kom na die wêreld toe. Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het Sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid."


VERJAARSDAE VIR DIE WEEK.

Aan almal wat van van nou tot einde Februarie 2012 verjaar asook almal wat hul huweliksdae in dié tyd herdenk - Baie geluk! Mag julle die seën van die Here in die nuwe lewensjaar ervaar.

GAAN KYK GERUS NA DIE VOLGENDE:

    

STERFGEVALLE:

Verlede week is Hannes Mentz, die tennisspeler
skielik oorlede. 
Sy herinneringsdiens was op
Saterdag31 Maart 2012 om 11h00. Ons bid sy
seuns Hennie en Basil en sy drie 
dogters en
die kleinkinders, alle troos en sterkte toe.  

   

20 APRIL 2012 PANNEKOEK-AAND 

Baie dankie aan almal wat Vrydagaand ‘n reuse sukses gemaak het.

Die jeug het R1118 ingesamel en omtrent 600 pannekoeke verkoop.

Baie dankie aan almal wat deelgeneem het, veral die kook tannies, bakkers, skoonmakers en die voorman!

    

25 APRIL2012 - SENIORS FLIEK

Die senior klub gaan hierdie week die fliek CHOCOLAT
in die Kerksaal kyk en geniet.
Dit is om ons lus te maak en voor te berei op die
besoek aan die Sjokoladefabriek oor twee weke!

SONDAG 06 MEI 2012

Afskeidspreek van Ds Jacques van Rensburg.

Moet dit nie misloop nie!

    

Die 20ste Sinodesitting van NG Sinode Hoëveld het plaas gevind van 17-19 April 2012 

Die Notule van die eerste twee dae van hierdie sinodesitting kan gelees of afgelaai word van die Webwerf van Sinode Hoëveld deur hier te klik.

 

Geluk aan Dr Gideon Kok wat as Portefeuljeleier : Missionêre Kerk verkies is en Lorna Louwrens wat as ouderling verteenwoordiger na die Algemene Sinode aangewys is.

 

BELANGRIKE BRIEF AAN ALLE LIDMATE IVM BELHAR BELYDENIS EN KERKHERENIGING

Die algemene Sekretaris van die Algemene Sinode, Dr Kobus Gerber, het hierdie belangrike skrywe aan ons gestuur om te lees.

U MOET DIT ASSEBLIEF DEEGLIK DEURLEES.

Lees meer.

 
    

KERMIS 2012 SKOP AF

Die diensgroep wat vanjaar se kermis
wat op 31 Augustus  2012 gaan
gebeur beplan, het vanoggend die
eerste keer byeen gekom.

  • GROOT dinge word beplan. 
  • Hou die afkondigings dop en kom
    werk saam sodat ons hiervan 'n
    groot sukses kan maak.

 

 

SENIORS PRESTEER BY INTERDAG.

Die seniors het weer vanjaar pragtig presteer by die Senior Interdag wat jaarliks in Alberton gehou word.

Lees gerus verder hieroor.

 
    

GASVRYHEIDSKOMMISSIE

Wil jy deel wees van 'n besige, jolige
span watmet groot entoesiasme sosiale
funksies soos die Bring & Braai, Valentynsete
en nog meer vir die gemeente te  reël?

Kontak dan vir Magda Botha by
071 356 0373

WAT SÊ DIE KERK OOR?

  • Grondhervorming en Landelike ontwikkeling?
  • Missionale Ekklesiologie?
  • Teologiese Opleiding?
  • Doopviering?
  • Nuwe Gemeente Ontwikkeling
  • Kerkhereniging en die Belydenis van Belhar?
  • Skrifbeskouing?
  • Huwelike en Saamwoon?
  • Die Bediening van Bevryding?
Kliek hier en
gaan lees gerus
wat ons Kerk se standpunte is.
    

LEES OOK DIE VOLGENDE: (Kliek op die titel)

  1. NB! Pastorale Brief van die Moderamen van die Algemene Sinode rakende die Belydenis van Belhar en Kerkhereniging.
  2. Lidmate wat oorgedoop is, sal nie uit die Kerk verjaag word nie.
  3. Dringend gesoek - inspirerende Leierskap!
  4. Huis Groenewald - Mondeor reik uit na Abraham Kriel Kinderhuis.